- Stel ‘n behoorlike finansiële plan op.
Kry die hulp van ‘n finansiële adviseur om jou finansiële plan op te stel. Jou finansiële plan moet ‘n plan insluit om voorentoe te beweeg in jou finansiële reis, sowel as die opstel van ‘n testament om te verseker dat daar ‘n plan is vir wanneer jy nie meer daar is nie. As jy ‘n plan het, is dit belangrik om daarby te hou. As jy dit doen, sal jy ‘n beter kans hê om jou lewensdoel te bereik. Hersien jou plan met jou finansiële adviseur teminste een keer per jaar om seker te maak dat dit steeds aan jou veranderende behoeftes voldoen. - Vind oplossings om jou lewensdoelwitte te bereik.
Jy besluit wat jy benodig en wat jy kan bekostig. Jou adviseur sal die beskikbare opsies uiteensit en jy sal met die finansiële adviseur besluit oor die besonderhede van jou plan. Jou handleiding en kontrak verduidelik die algemene inligting van jou plan. Jou plan se opsomming verduidelik die spesifieke keuses wat jy gemaak het. Gesamenlik maak dit jou ooreenkoms met die versekeringsverskaffer. Lees dit en maak seker dat jy dit verstaan. - Kies jou begunstigdes
Begunstigdes is die mense wat die oorblywende geld kry as jy sterf. Dit is belangrik dat die versekersverskaffer altyd die regte inligting het. Laat hulle weet as of een van hulle of hul kontakbesonderhede verander, sodat jy seker kan wees dat hulle kry wat jy beplan het. Vertel die persoon wat jy vertrou om jou begrafnis te reël wie hierdie mense is. - Beskerm jou plan.
Jy kan jou plan soos volg teen onvoorsiene voorvalle beskerm:
* Voeg die betalingsbeskermingsvoordele by sodat geen verdere premies betaalbaar is as jy sterf, ongeskik raak of aftree nie.
* Voeg die waarde beskermingsvoordeel by om tred te hou met die stygende lewenskoste (inflasie). - Maak seker dat jy die regte inligting verskaf.
Maak seker dat die inligting wat jy aan die versekeringsverskaffer gee korrek is, soos kontakbesonderhede, identiteitsnommers of geboortedatums en begunstigde-inligting. As hulle nie die regte inligting het nie, kan hulle nie:
* met jou kommunikeer nie.
* jou voordele vining betaal.
* belangrike dokumente aan jou stuur. - Maak seker dat jou planbesonderhede korrek is.
Jy moet seker maak dat die voordele wat jy kies en die inligting op jou planopsomming ooreenstem met jou lewensdoel. Laat weet jou versekeringsverskaffer as dit verander. Hou jou handleiding, kontrak en planopsomming veilig. Sê vir iemand wat jy vertrou waar om dit te vind. - Betaal gereelde maandelikse paaiemente.
Verbind jou daartoe om gereelde maandelikse betalings te doen om jou dekking en jou finansiële plan op koers te hou. Op hierdie manier het jy ‘n beter kans om jou lewensdoel te bereik. - Kontak jou versekeringsverskaffer as jy finansiële probleme het.
Praat met jou finansiële adviseur of kontak jou versekeringsverskaffer indien jy finansiële probleme ondervind. Jou versekeringsverskaffer kan help deur:
* jou maandelikse paaiemente te verminder.
* jou dekking te verminder.
* ‘n voordeel te verwyder. - Hersien jou plan.
Kontak jou versekeringsverskaffer wanneer veranderinge in jou lewe plaasvind om seker te maak dat jou plan op datum bly. Jy kan jou plan verander deur jou dekkingsvlakke te verhoog of te verlaag of deur die oorblywende voordele of ander familielede by te voeg of te verwyder. - As die onverwagse gebeur.
Ons weet hoe moeilik dit kan wees as jy ‘n geliefde verloor. Versekeringsverskaffers help om die proses so eenvoudig moontlik te maak deur jou voordeel so gou moontlik uit te betaal. Jou begrafnisplanvoordele word uitbetaal wanneer jy of iemand anders op jou plan sterf.
