As ‘n geldige doodseis ingedien word, word die eisbedrag in die volgende volgorde aan die volgende persone betaal:
- Die begunstigdes vir opbrengste (indien enige).
- Die polishouer, indien dit verskil van die versekerde lewe.
- Die bestorwe boedel, indien die versekerde lewe en polishouer dieselfde persoon is.
Vereistes vir begrafnisvoordele
- ‘n Afskrif van die sterftesertifikaat (BI-5).
- ‘n Afskrif van die oorledene se identiteitsdokument of geboortesertifikaat (indien jonger as 18 jaar).
- ‘n Afskrif van die kennisgewing van die dood (DHA-1663) vorm verkrygbaar by die dokter wat die dood verklaar het.
- Die begrafniseis vorm wat voltooi en onderteken word deur die eiser of gemagtigde verteenwoordiger van die eiser.
- As die dood as gevolg van onnatuurlike oorsake is, word die onnatuurlike sterfte-eis vorm ook vereis en moet voltooi word deur die ondersoekbeampte.
- Die POPIA toestemming vorm wat voltooi en onderteken word deur die eiser of gemagtigde verteenwoordiger van die eiser.
- Bewys van bankbesonderhede in die naam van die eiser (natuurlike persoon, minderjarige, sessionaris, bestorwe boedel, regspersoon), nie ouer as drie maande op ‘n briefhoof van die bank, of met ‘n bankstempel daarop.
En die volgende bykomende vereistes:
As die eiser (begunstigde) ‘n natuurlike persoon is
- ‘n Afskrif van die eiser se identiteitsdokument.
- Bewys van betaling vir begrafniskoste – indien die eiser nie die polishouer is nie en die polishouer oorlede is. (Slegs vir Southern Life (SL) en Sage (GE) polisse).
As die eiser (polishouer) ‘n natuurlike persoon is
- ‘n Afskrif van die polishouer(s) se identiteitsdokument(e).
As die eiser (begunstigde) minderjarig is
- ‘n Afskrif van die wettige voog se identiteitsdokument.
- As die wettige voog die biologiese ouer is, moet ‘n gewaarmerkte afskrif van ‘n onverkorte geboortesertifikaat, wat beide ouers se name weerspieël, voorsien word.
- As die wettige voog nie die biologiese ouer nie, moet ‘n amptelike bewys van voogdyskap soos uitgereik deur die Meester van die Hooggeregshof van Kinderhof en ‘n afskrif van die geboortesertifikaat voorsien word.
As die eiser die bestorwe boedel is
- ‘n Afskrif van die wettig aangestelde eksekuteur se identiteitsdokument.
- ‘n Afskrif van die eksekuteursbrief van artikel 18 (3) administrasiebrief.
As die eiser (begunstigde) ‘n buitelander is
- ‘n Afskrif van die eiser se paspoort.
- ‘n Afskrif van die naturalisasiesertifikaat van die eiser, as in Suid-Afrika gebore is.
- Valutabeheervorm MP336 (b) (‘n aansoek by die Suid-Afrikaanse Reserwebank vir buitelandse kapitaaltoelae) volledig ingevul en deur die eiser onderteken.
OF
- Skriftelike bevestiging dat die eiser nooit in Suid-Afrika gewoon het nie en nie ‘n Suid-Afrikaanse inwoner was nie.
- Verklaring deur die eiser vorm.
- Die naam van die bank en tak waar die eiser in Suid- Afrika gebank het, voor afsterwe.
